andries_familie

Andries Enslin, aanbieder van Die Woord, is gebore in Boksburg op 27 Januarie 1972. Hierdie pa van 3 was werksaam by twee AGS Gemeentes in onderskeidelik Boksburg en Randburg voordat hy in 1999 die Alberton Lewenssentrum uit ‘n huissel van 14 lede begin en opgebou het tot wat dit vandag is.

Deesdae is Andries ‘n gereelde gesig op Die Woord, wat die Alberton Lewenssentrum se boodskap na mense regoor die land bring.